In ’n droom van Hongaarse lanterns, in die roes van ’n soel someraand

SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR

In ’n droom van Hongaarse lanterns, in die roes van ’n soel someraand

Ons boekeredakteur kyk terug op 'n jeugdige verknogtheid wat in afstand geëindig het.

Old friend

Ek wou lankal skryf, maar ná jare en dekades se swye het my woorde versteen. Ek het rondom jou gegroei en jy is deel van my grein, ingebed in my jaarringe. Noudat jy nie meer deel van my lewe is nie, is jou gesig dowwer in die herinneringe aan daardie dae. Soos ’n naamlose figuur in ’n droom. Ek weet nie meer hoe jou glimlag begin nie. Jou lag eggo nie meer in die gange van my kop nie.

Hoekom het ons ophou praat? Daar was ’n meningsverskil. Met die voortvarendheid van jeug het ek destyds ’n brief geskryf om jou af te sê, soos ’n geliefde. Die kwessie waaroor ons vasgesit het, is nie meer vir my belangrik nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.