’n Wekroep vir die knus ouditeursklub

GEVAARLIGTE FLIKKER AL LANK

’n Wekroep vir die knus ouditeursklub

Ouditeurs skop teen nuwe reëls wat maatskappye dwing om elke dekade van ouditeursfirmas te verander. Maar 'n reeks skandale het hul argument weggekalwe, skryf ROB ROSE, redakteur van ons susterspublikasie Financial Mail.

'N PAAR jaar gelede het Suid-Afrika se ouditeursfirmas met hoogmoedige arrogansie gereageer toe die reguleerder 'n verandering van die reëls voorgestel het sodat dat maatskappye elke dekade of wat van ouditeure verander. Volgens Bernard Agulhas, hoof van die Onafhanklike Beheerraad vir Ouditeure, sou dit een manier wees om 'n “nuwe paar oë” te verseker.

“As ouditeure nie ten volle onafhanklik is nie en te gemoedelik verkeer met hul kliënte, sal die gehalte van die oudit onder verdenking kom, en aandeelhouers sal nie vertroue hê in die inligting wat weergegee word nie,” het Agulhas gesê.

Volgens die maatskappye is daar bloot geen behoefte aan verpligte ouditfirma-rotasie nie. “Geen beleggers met wie ons gepraat het, glo dit is die beste manier van doen nie,” het Deloitte byvoorbeeld gesê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.