’n Duitse voorbeeld om by te leer

DIPLOMASIE: ZUMA OF RAMAPHOSA?

’n Duitse voorbeeld om by te leer

Stone Sizane is sedert 2016 Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland. ANLI SERFONTEIN het in Berlyn met hom gesels oor onder meer die lesse wat by dié land te leer is, die nuwe minister aan wie hy rapporteer en sy vertroue in pres. Cyril Ramaphosa.

  • 21 Junie 2019
  • Nuus & Politiek
  • 14 min om te lees
  • artikel 18 van 26
  • Anli Serfontein

DIT is al laatoggend toe ek met Tiergartenstrasse af loop na die Suid-Afrikaanse ambassade vir my onderhoud met Stone Sizane. Die straat loop al langs Berlyn se Tiergartenpark, 'n groen oase naby die Duitse regeringsetel en nie ver van die simboliese Brandenburg-hek wat Berlyn eens tussen Oos en Wes verdeel het nie.

Die Suid-Afrikaanse ambassade is oorkant die park tussen die Indiese en Turkse ambassades, van die beste liggings in die stad se eiendomsmark. Dis 'n luukse, moderne gebou wat deur Kaapstad se MMA Architects ontwerp is. Een van die argitekte, Luyanda Mpahlwa, was 'n politieke gevangene voordat hy in ballingskap in Duitsland beland het, waar hy argitektuur studeer het.

Die ambassade is gebou op 'n stuk grond wat reeds voor die Tweede Wêreldoorlog aan die Suid-Afrikaanse regering behoort het. Bonn het ná die oorlog die Wes-Duitse hoofstad geword, maar die grond is nooit verkoop nie. Dit al die jare braak gelê, net oor in die grens in die Wes- Duitse gebied en nie ver van niemandsland nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.