DIT klink soos die soort plan waarmee 'n mens laataand vorendag kom ná baie rooiwyn: Kom ons maak veldskoene, maar met bont sole, en verkoop hulle aanlyn. En die volgende oggend het almal kopseer en in die helder daglig lyk gisteraand se wyn-idees nie heeltemal so blink nie.
En dis min of meer hoe hierdie storie loop, behalwe dat daar nie rooiwyn betrokke is nie, en dat die idee vlamgevat en in minder as drie jaar tot 'n internasionale handelsmerk uitgebrei het.
Dit gebeur só: Dis laat Augustus 2016 en Nick Dreyer is in sy ou Land Rover op pad terug Kaap toe uit Plettenbergbaai. Sy beste vriend sedert hulle skooldae by Pretoria Boys High, Ross Zondagh, ry terselfdertyd in sy Ford-bakkie van een bouperseel na 'n ander: Hy besit 'n boumaatskappy in Kaapstad...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.