Oor Trumpzenegger en ander politici met lae eiewaarde

VERBATIM

Oor Trumpzenegger en ander politici met lae eiewaarde

Aanhalings uit die afgelope week se nuus.

Bietjie trots op ’n slag

As die land afhanklik is van 'n uitslag van die nasionale span om dit hoop te gee, misluk ons ... Daar is te veel wat skeefloop in die land: die elektrisiteit wat elke dag afgaan, die watertekorte, die werkloosheid, noem maar op. Die land is nie hoopvol nie en hulle is in 'n geestelike toestand van depressie; ek dink dit word weerspieël. Hulle kan nie nóg meer negatiwiteit hanteer nie, so 'n slegte uitslag word met ʼn tirade begroet. Ons kan nie die land hoop gee nie. Ons kan nie. Net tydelik. Ek is bly ons kan hulle net een aand afgee wanneer hulle die trui met trots kan dra.

– Bafana Bafana se Britse afrigter, Stuart Baxter, ná die span se verrassende sege oor Egipte in die Afrikanasies-sokkertoernooi..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.