Versoeking van aftreegeld wink soos wat die ekonomie struikel

PENSIOENGELD

Versoeking van aftreegeld wink soos wat die ekonomie struikel

Werknemers vat hul kontant eerder as om dit na bewaringsfondse te skuif wanneer hulle bedank of aftree, skryf WARREN THOMPSON.

DIE gestagneerde ekonomie dwing al hoe meer werknemers om geld uit hul aftreefonds te haal. Werkverliese en minder besteebare inkomste maak die lewe vir Suid-Afrikaners moeilik, het die land se grootste pensioenfondsadministrateur, Alexander Forbes, in die week gesê. 

“Baie werknemers vat die kontant as hulle bedank eerder as om dit in 'n bewaringsproduk te belê, en baie doen dit ook wanneer hulle aftree. Dis 'n gevolg van die ekonomiese toestand: Mense verloor hul werk of skuif van pos na pos net sodat hulle toegang tot hul pensioenfonds kan kry," het die uitvoerende hoof van Alexander Forbes, Dawie de Villiers, gesê.

Die verskynsel is duidelik te sien in die bewaringskoers van aftreebesparing, wat in hierdie tydperk van 55% tot 53% geval het. Dit verwys na die persentasiewaarde van aftreefondse wat geskuif word na bewarings- of aftreefondse nadat 'n werknemer bedank of aftree...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.