Die Bankorp-krisis: Was dit staatsbedrog onder apartheid?

BOEKUITTREKSEL

Die Bankorp-krisis: Was dit staatsbedrog onder apartheid?

Die gevierde historikus HERMANN GILIOMEE se Maverick Africans (die opvolg van sy boek The Rise and Demise of the Afrikaners) takel kwessies wat wissel van die NG Kerk se rol tydens apartheid tot (in hierdie uittreksel) die reddingsboeie wat Bankorp oor ’n dekade ontvang het – tans weer 'n warm onderwerp wat bewerings oor apartheidkorrupsie ontlok.

DIE Reserwebank het tussen 1985 en 1995 reddingsboeie aan Bankorp, wat diep in die skuld was, betaal. Bankorp is eers deur Sanlam besit en later deur Absa, wat dit in 1992 bekom het. Ná aanvanklike openbare protes daaroor en ’n debat in die parlement waarin hierdie essay ook aangehaal is, is besluit dat die begunstigdes Sanlam-polishouers was en dat dit nie moontlik was om die geld terug te kry nie.

Die kwessie het in 2017 skielik weer na vore gekom toe ’n verslag deur die nuwe openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, uitgelek het. Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party het toe gevra vir ’n uitgebreide ondersoek wat die hele apartheidstyd se “plundery” ondersoek.

My essay is die eerste keer op 18 November 2013 op die blog Politicsweb gepubliseer, toe die kwessie nog die middelpunt van openbare debat was. Die blog se redakteur, James Myburgh, het die essay ingelei met die woorde: “Hermann Giliomee pak die bewering dat die bankredding ’n geval van ‘groot korrupsie tydens apartheid' was." Die essay verskyn onveranderd hier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.