Waaat? Hoeveel sê jy moet ek spaar om te kan aftree?

HOE LATER HOE KWATER

Waaat? Hoeveel sê jy moet ek spaar om te kan aftree?

ANNELIZE VISSER doen langtand ’n som wat bepaal hoe sy op die nippertjie vir haar oudag voorsorg kan tref. Dan wens sy sy het nie …

EK luister graag in die laatmiddag-verkeer na ’n sakeprogram op FMR, my gunsteling-radiostasie wat dag in en dag uit klassieke musiek uitsaai. By net drie geleenthede skakel ek dit af: wanneer die jazz-program teen sononder afskop, wanneer Adrian Gore van Discovery ’n gas op die program is (ek ly aan mediese-fonds-woede), en een maal per week wanneer daar ’n insetsel is oor hoeveel jy vir jou aftrede moet spaar. Moes gespaar het. 'n Mens wil jou nie so ontstel terwyl jy bestuur nie.

Toe ’n mediaverklaring oor ’n nuwe studie oor aftredebeplanning dus die afgelope week in my inboks beland, wou ek dit eers nie oopmaak nie. Nadat ek wel versigtig my oog daaroor laat gly het, het ek dit op my rekenaar afgelaai en die dokument ’n naam gegee: kannieaftreenie. Want dis waarop dit neerkom.

Soos baie enkelma’s en alleenbroodwinners en mense wie se drome vir hulle kinders groter is as wat hulle sak diep is, leef ek die afgelope 25 jaar in die “nou”. “Nou” moet die skoolgeld betaal word, “nou” is verlede winter se sokkerstewels te klein, “nou” is die reisgeld vir die lewensredderkampioenskap reeds laat, “nou” is die gemoedere swaar en die burgers is halfprys by ons local bo in die straat. “Later” was ’n plek wat ek nie kon bekostig om te besoek nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.