Hoezit, my China: Jou kopvel prik en jou pols begin bewe

TRONKHOND

Hoezit, my China: Jou kopvel prik en jou pols begin bewe

Soms lê sy in die nag wakker en bekommer haar oor manuskripte wat deur die krake in die vloerplanke val, wat nie raakgesien en opgeraap word nie, skryf DEBORAH STEINMAIR. Wie wil byvoorbeeld ’n boek oor honde in gevangenisse lees?

VAN die grootste boeke van alle tye is herhaaldelik deur uitgewers weggewys. Margaret Mitchell se Gone with the Wind is legendaries deur 38 uitgewers afgekeur. Chicken Soup for the Soul, daardie wegholtreffer, is eers 144 keer weggewys. Zen and the Art of Motorcycle Maintenance is 121 keer afgekeur. By ons ís daar nie eens soveel uitgewers nie. Skrywers soos Proust en Beatrix Potter is so dikwels weggewys dat hulle besluit het om self te publiseer.

Het jy al A Confederacy of Dunces gelees? Die hoofkarakter, Ignatius Jacques Reilly, is ’n dik loser wat nog by sy ma woon. Hy is asosiaal en agterdogtig met mensweersin en grootheidswaan, is idealisties en kreatief met ’n pikdonker humorsin. Hy word in die voorwoord só beskryf: “A slob extraordinary, a mad Oliver Hardy, a fat Don Quixote, a perverse Thomas Aquinas rolled into one.”

Hy is ’n libidinale vraat met vreemde masturbasiefantasieë en hy beskou sy poepe as profeties. Sy kop is in die Middeleeue. Hy is bietjie van ’n walgbal van ’n anti-held met ’n rustelose, eiesoortige intellek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.