Dit gaan slegter gaan voor dit beter gaan

CORONA KLAP DIE MARKTE

Dit gaan slegter gaan voor dit beter gaan

Die nuwe coronavirus het in ’n kwessie van weke alle groeiverwagtinge vir 2020 in die internasionale én plaaslike ekonomie uitgewis. En dit gaan waarskynlik eers nog slegter gaan voordat dit weer beter kan gaan, skryf WILLEM KEMPEN.

DIE afgelope week was niks minder nie as ’n bloedbad op wêreldmarkte. Aandelepryse oral het dramaties getuimel soos wat die uitkringende effek van die virus op ekonomieë oral duideliker geword het.

Vergelykings is getref met die wêreldwye finansiële krisis van 2007 en 2008, toe die internasionale bankstelsel amper in duie gestort het. Hierdie keer kan erger wees, veral omdat baie van die strukturele probleme wat tot die destydse krisis aanleiding gegee het, steeds bestaan. Boonop het die Amerikaanse Federale Reserweraad (die Fed) en die Europese Sentrale Bank (ESB) die likiditeitsprobleem wat weens die vorige krisis ontstaan het die hoof probeer bied met wat neerkom op ’n massiewe finansiële eksperiment – sogenaamde kwantitatiewe verruiming, wat eintlik maar ’n eufemisme is vir die kunsmatige skep van geld. Daarmee saam is rentekoerse oral tot rekordlae vlakke afgebring; in sommige lande is daar selfs negatiewe koerse.

Dié eksperiment het vir lank oënskynlik gewerk, maar die probleem nou is dat die Fed en die ESB se ammunisie feitlik op is. Dit verklaar ook waarom die ESB nie Donderdag, soos allerweë verwag is, uitleenkoerse nogmaals verlaag het nie. Die Fed het verlede week Amerikaanse uitleenkoerse as ’n noodmaatreël met 50 basispunte verlaag, maar dié keer het dit nie die dalings omgekeer soos soveel kere tevore die geval was nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.