Corona: Dit is hier en dit is erg

DIE VIRUS

Corona: Dit is hier en dit is erg

Die wêreld steier onder die impak van die virus en ál meer regerings stel drastiese maatreëls in om dit hok te slaan, berig ADRI KOTZÉ.

REGERINGS oor die wêreld heen is aan die skarrel om die effek van die corona-pandemie hok te slaan namate gesondheidstelsels wankel, markte tuimel en die sterftesyfer  styg.

Wêreldwyd het die bevestigde gevalle van Covid-19 Maandagoggend tot 169,387 in minstens 125 lande en gebiede gestyg. Net meer as 'n week gelede was dit om en by 93,000 gevalle. Volgens die Johns Hopkins-universiteit se meter (https://coronavirus.jhu.edu/map.html) is die dodetal meer as 6,500. (Die meter dui ook aan dat 77,257 mense reeds herstel het nadat hulle die virus opgedoen het.) 

Buiten die finansiële krisis van 2007-2009 het min wêreldleiers al 'n verskynsel – of kritieke situasie – ervaar soos die nuwe virus SARS-CoV-2  en die siekte wat dit veroorsaak, Covid-19. Lande wat tot 'n week terug nog 'n benadering van wag-en-kyk  gevolg het, het drastiese en verreikende stappe aangekondig. Skole en universiteite word gesluit, reisbeperkings ingestel, openbare byeenkomste verbied en mense aangesê om van die huis af te werk...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X