KIEMKOMMER
Corona en die (moontlik) nuttige obsessies van ’n kiemkoeser
Lank voor die coronavirus, sê ANNELIESE BURGESS, was sy al 'n ietwat patologiese, borderline-paranoïese kiemverskrikte grilgriet, maar nou voel sy nie meer so mal as sy haar kar se stuurwiel ontsmet nadat sy inkopies gedoen het nie. Of die winkeltrollie se handvatsel afvee. Of die hysbak se knoppies met haar elmboog druk. In die tyd van corona is hiperhigiëne nie meer iets om oor te lag nie, en sy het 'n paar wenke wat handig te pas kan kom in dié tye van die Groot C.

Deel
EK is daardie mens wat haar kind van kleins af geleer het om nooit aan roltrappe se relings te vat nie. Ek ril sommer as ek dink aan die duisende hande wat elke dag hul kieme daaraan afsmeer. Ek lek eerder die openbare badkamer se vloer (oukei, ek jok), maar die feit bly staan dat die toilette in jou plaaslike winkelsentrum beslis meer gereeld skoongemaak word as enige hand- of trapreling in 'n openbare plek.
Ek dra al jare spuitbotteltjies alkoholreiniger in my sak rond om die handvatsels van inkooptrollies en my kar se stuurwiel te ontsmet voordat ek terug huis toe ry.
Ek vermy openbare badkamers soos die pes, maar as ek móét, was ek eers die kraan voordat ek my hande was en gebruik ek nooit ooit daardie warmlugblasers nie. Volgens hierdie artikel (https://www.businessinsider.com/flushing-toilet-seat-up-sprays-water-germs-2016-3?IR=T) is daar iets soos “toilet plume" – fekale besoedeling wat tot 4.5 meter hoog in die lug geslinger word wanneer jy 'n toilet spoel sonder om die deksel toe te maak en wat dan op jou hande uitgeblaas word soos 'n lekker onsigbare fake tan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die DA se vreeslose jong vuurvreter
Moe Shaik: 'n oerwoud vol geheime
Mashaba oor doodstraf, immigrasie en sy haat vir die ANC
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.