Moe Shaik: Die Nagtegaal, Projek Bybel en ’n oerwoud vol geheime

MEMOIRES

Moe Shaik: Die Nagtegaal, Projek Bybel en ’n oerwoud vol geheime

Moe Shaik se nuwe memoires, The ANC Spy Bible, slaan jou wind uit en reis na die hart van die ANC se donkerste intriges. ANNELIESE BURGESS vertel hoe die boek haar tot nuwe insigte gedwing het oor Moe die mens, en van die verraderlike manier waarop hy uiteindelik deur pres. Jacob Zuma behandel is.

DIT is die soel Durbanse winter van 1985. Moe Shaik, operateur in die ANC se ondergrondse strukture in Suid-Afrika, staan by die venster van sy woonstel en staar na die donker strate. Die vrees knaag aan hom. Hy rook onophoudelik. Hy voel dit in sy gebeente – die polisie kom vir hom.

'n Paar dae vantevore is Moe en lede van sy sel deur 'n weermagpatrollie voorgekeer tydens 'n operasie om Ibrahim Ishmail Ibrahim, 'n senior MK-bevelvoerder, oor die Swaziland-grens te smokkel. 

Die eksfiltrasie is geaborteer, en Moe-hulle hoop en bid die soldate het hulle dekstorie geglo – dat hulle maar net 'n paar ouens was wat die pad byster geraak het op pad Ermelo toe. Indien nie, was hulle nou op die veiligheidspolisie se radar en was dit 'n kwessie van tyd voor hulle gearresteer sou word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.