Van boere-hippie tot Zuma-slayer: Derek Hanekom se lewe in volkleur

NOU'S HY NET DEREK

Van boere-hippie tot Zuma-slayer: Derek Hanekom se lewe in volkleur

Hier is ’n paar dinge oor die voormalige ANC-minister wat jy dalk nie geweet het nie: van sy “andersheid” in sy skooljare tot sy leftie-studentejare, sy swerfjare en sy hippie-jare, en uiteindelik sy lewe as aktivis en politikus. ANNELIESE BURGESS het saam met hom gaan koffie drink.

NÁ meer as 25 jaar het Derek Hanekom weer tyd om boek te lees. En te stap. Sommer vir die lekkerte. Of om koffie te drink by een van sy gunstelingkoffiewinkels in die middel van die dag. Wat ons doen, op ’n lieflike Kaapse oggend met die plat Atlantiese oseaan oorkant die pad.

Van die dag wat Mandela hom in 1994 onverwags aangestel het as die Minister van Grondsake, was sy lewe een van lekgotlas en kabinetsvergaderings, van wetskrywings, memo's en toesprake. Van op en af vlieg tussen Pretoria en Kaapstad, en hardloop van afspraak na afspraak.

Vir die eerste keer in byna drie dekades is Derek nou net Derek. Nie die edelagbare minister nie. En hy hou daarvan. “Ná al die tyd skrik ek soms steeds soggens wakker en dink ek’s laat vir ’n kabinetsvergadering," lag hy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.