HKGK: Hier Kom Groot Krisis

CORONA-PANDEMIE 2020

HKGK: Hier Kom Groot Krisis

Die wêreld en Suid-Afrika staan waarskynlik op die drumpel van die grootste humanitêre en ekonomiese krisis sedert die Tweede Wêreldoorlog, en moontlik selfs sedert die wêreldwye depressie van die laat 1920’s en vroeë 1930’s. HUGO PIENAAR durf 'n paar scenario’s aan.

UITGESLUIT die twee pole is daar seker geen deel van die aardbol wat nie op een of ander manier negatief deur die coronavirus (oftewel Covid-19) geraak word nie. Selfs lande wat nog nie Covid-19-gevalle aangeteken het nie, sal nie skotvry afkom nie. Covid-19-vrye lande se belangrike handelsvennote (noem 'n land wat nié met die VSA, Europa of China handel dryf nie) is reeds onder groot druk.

In sterk teenstelling met die twak stelling (ja, nog een) van die VSA se president, Donald Trump, is die probleem nie 'n virus wat uit China gekom het nie. Veel eerder is dit 'n siekte wat weens die mees gekonsentreerde wêreldbevolking (verstedeliking) en die grootste bewegingsvryheid (globalisering) ooit soos 'n veldbrand versprei. Dit is nou 'n virus van die wêreld.

'n Lang lys van regerings moes noodgedwonge uiters moeilike besluite neem. Moet daar vroegtydig 'n staat van algehele inperking aangekondig word om die verspreiding van die virus te bekamp en sodoende te verhoed dat die gesondheidstelsel in duie stort en 'n klomp mense sterf – die sogenaamde afplatting van die infeksiekurwe?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.