MENSE in maskers. Orals. In die strate, in winkels, in parke. Dit was die eerste beelde wat ons almal gesien het uit Wuhan toe die storie van die nuwe coronavirusepidemie in China op die lappe gekom het.
En met dié nuus begin mense oor die wêreld heen angstig maskers koop. In Amerika het die paniekaankope bygedra tot so 'n tekort dat 'n dokter in New York, een van die stede wat die ergste deur Covid-19 geraak is, hierdie week aan The Atlantic gesê het dit is “soos om met 'n bottermes oorlog toe te gaan". (https://www.theatlantic.com/ideas/archive/2020/03/going-war-butter-knife/608428/)
Ook hier in Suid-Afrika is daar 'n groot tekort aan maskers. Die Bhekisisa Centre for Health Journalism (https://bhekisisa.org/health-news-south-africa/2020-03-20-south-africa-shortage-medical-masks-n95-coronavirus-outbreak-covid19-sars-cov-2/) het verlede week reeds berig dat mediese personeel kla oor 'n tekort aan maskers en dat hulle reeds maskers begin hergebruik. En by ons ontvou die nagmerrie nou eers...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.