Ons kan nie voedselonsekerheid tydens corona bekostig

CORONAVIRUS EN VOEDSEL

Ons kan nie voedselonsekerheid tydens corona bekostig

Die maatskaplike legitimiteit van die regering se Covid-19-inperking sal ten gronde gaan tensy dringende planne beraam word sodat almal toegang tot genoeg kos het. Ons sit dalk met vol winkelrakke, maar te veel mense wat nie toegang daartoe het nie, skryf ’n span van die INSTITUTE FOR POVERTY, LAND AND AGRARIAN STUDIES (Plaas).

WAT is die onmiddellike gevolge van die Covid-19-uitbreking en die inperking wat sedert 27 Maart in werking is? Hoe word die inperking geïnterpreteer en afgedwing, en watter dele van die voedselstelsel word gesluit terwyl ander kan voortgaan?

Ons kyk hier na die onmiddellike scenario van tekorte en oorskotte – waar arm mense as produsente en handelaars nie in staat is om voort te gaan om te produseer en te verkoop nie. Terselfdertyd het arm mense nie meer toegang tot genoeg voedsame kos nie. Ons voorsien krisisse aan albei kante.

Inkomsteverliese: Terwyl die formele voedselstelsel vir eers relatief beskermd is teen voorraadskokke, is ’n enorme aantal mense – die werkende armes, dié in die informele ekonomie en dié wie se indiensneming in gedrang is – deur ’n skielike en langtermyn- verlies aan inkomste getref. Diegene wat hul werk verloor het, is reeds in van die benardste posisies. Selfs as daar kos op die rakke is, sal hulle nie toegang daartoe hê nie.Maatskaplike toelaes is ontoereikend. Vir ’n deel van die bevolking sal dié toelaes selfs belangriker as tevore wees. Dit is bemoedigend dat die toelaes geprioritiseer word, en ’n onmiddellike verhoging sal welkom wees. Mense sal binnekort nie meer van formele handelaars kan koop nie, wat ’n kontantkrisis vir ’n enorme aantal mense inhou. Hierdie druk op huishoudings sal toeneem en waarskynlik ook tot ’n toename in huishoudelike geweld lei.Fisieke afstand: Selfs diegene met inkomste in die werkersklas en in die township-ekonomie sal ’n beduidende agterstand hê. Dié mense is dikwels ver van winkelsentrums en supermarkte, het nie vervoer nie, en het nie die middelklas se vermoë om groot voorrade te koop en te berg nie. Fisieke afstandskepping is vir hulle selfs moeiliker. Onnodig streng beperkings op openbare vervoer en taxi-operateurs vererger hierdie situasie.Risiko’s: As mense nie kos in die hande kan kry nie, word gewelddadige konflik en stropery onvermydelik. Indien die polisie en die weermag verkies om geweld of ander onderdrukkende metodes te gebruik om inperking en reëls oor sosiale afstand af te dwing, soos wat reeds die laaste paar dae gebeur het, hou dit die gevaar in dat die legitimiteit van die inperking as sodanig in die gedrang kom, met rampspoedige gevolge vir die publiek se gesondheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.