Slim-vang-sy-baas-politici moet kenners waardeer

GELUK BY DIE ONGELUK

Slim-vang-sy-baas-politici moet kenners waardeer

Een goeie ding wat dalk uit die coronavirus-krisis kan kom, is dat die menings van kenners in alle velde dalk weer waardeer kan word, skryf HUGO PIENAAR.

 ’N ONBEDOELDE maar belangrike gevolg van die Covid-19-krisis kan wees om die status van mense met uitsonderlike kennis en ervaring te verhoog. Dit behoort ’n welkome verandering te wees nadat populistiese politici in Suid-Afrika en elders die afgelope paar jare menige kenner verdag gemaak het.

Die laaste aantal jare was uitdagend vir kenners, veral in die finansiële en peilingswêreld. Wie sal vergeet hoe koningin Elizabeth van Brittanje ná die groot resessie van 2009 op ’n keer gevra het: Hoe is dit moontlik dat ontleders (ingeligtes of kenners) nie die wêreldwye finansiële krisis voorsien het wat die resessie voorafgegaan het nie? Dis dalk geldige kritiek, hoewel daar natuurlik enkeles was wat lank reeds oor die risiko van ’n inploffing in die VSA-huismark gewaarsku het. Die aanmanings is meestal geïgnoreer.

Tydens die felle veldtog voor die Brexit-referendum in 2016 oor die voortsetting van Brittanje se EU-lidmaatskap het Michael Gove, ’n konserwatiewe politikus, gesê dat die publiek “genoeg gehad” het van kenners. Gove was een van die groot voorstanders van ’n “nee-stem” vir EU-lidmaatskap en het dit gehad teen ontleders – insluitend by die Bank of England (Brittanje se sentrale bank) – wat gewaarsku het teen die negatiewe ekonomiese gevolge van ’n besluit om die EU te verlaat. Ná die referendum toe die Britse ekonomie vir ’n ruk nog relatief goed presteer het, het die kritiek teen die doemprofeet-ontleders toegeneem. Wat die kritici natuurlik nie sê nie, is dat Brexit eers in Januarie vanjaar plaasgevind het en steeds is dit nie die einde van die verhaal nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.