’n Sagte (vloek)woord keer die grimmigheid af …

NIE VIR SENSITIEWE LESERS

’n Sagte (vloek)woord keer die grimmigheid af …

Een van Suid-Afrika se voorste taalkenners is besig met die opstel van 'n belangrike databron – oor vloekwoorde. Prof. Gerhard van Huyssteen van die Noordwes-Universiteit doen intensiewe navorsing oor waarom ons swets, al die taboes, en hoe om met flair te vloek, skryf MADELEINE BARNARD, wat ná dese haar mond met seep moet gaan uitwas. Waarskuwing: Daar is meer as 100 vloekwoorde in dié storie.

FOK! Moer! Bliksem! Lekker, nè? Ja! Onbeskof? Dit ook. Omstrede? Blerrie altyd.

Vloek. Swets. Knoop. Iets wat in my jongjare totaal onaanvaarbaar was. Ek het wel grootgeword tussen twee teenpole: ’n uiters ordentlike ma en ’n pa wat soos ’n ketter gevloek het.

Vloek is steeds vir baie ’n totale taboe. Maar met sensuur wat ontspan het deur die jare en met die internet – en sy ongemanierde telg, die sosiale media – wat so ’n enorme rol in ons lewe speel, het dit makliker geword om te vloek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.