Pasop vir die aanslag op ons regte tydens krisis

CORONA EN DIE SEKUROKRATE

Pasop vir die aanslag op ons regte tydens krisis

Die instinkte van die heersersklas en sekurokrate is duidelik om tydens die Covid-19-krisis meer mag aan hulself toe te eien. Suid-Afrikaners sal waaksaam moet wees dat ons basiese regte en die oopheid van die gemeenskap nie nou ondermyn word nie, skryf MAX DU PREEZ.

Perd en Takbok het stry gekry. Perd gaan vra toe vir Jagter om hom te help om Takbok 'n les te leer. Jagter sê hy sal help, maar dit kan net werk as Perd toelaat dat Jagter 'n stang in sy bek en 'n saal op sy rug sit sodat hy hom kan stuur in die konfrontasie met Takbok. Perd stem in en Takbok is gou verslaan. Dankie, nou kan jy afklim en die saal en stang verwyder, sê Perd vir Jagter. Daar’s nie 'n kans nie, sê Jagter, jy’s vir my meer werd as ek jou leisels vashou. – 'n Fabel van die Griekse storieverteller Esopus (620-560 jaar vC).

DIE geskiedenis van die laaste eeu wys dat nasies in groot krisistye kragdadige politieke leiers verkies en bereid is om van hul vryhede prys te gee. Die gewildheid van diktators soos Benito Mussolini in Italië, Adolf Hitler in Duitsland en Francisco Franco in Spanje in die 1930’s is maklike voorbeelde.

Dit maak sin vir selfs die vurigste demokraat en menseregte-aktivis om tydens 'n nasionale ramp in te stem dat individuele regte soos vryheid van beweging en samekoms ingeperk word, en selfs dat sekere mense elektronies gemonitor mag word, sodat die krisis afgeweer kan word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.