SA is nou op die voorvoet, maar die ergste kom nog

COVID-19

SA is nou op die voorvoet, maar die ergste kom nog

Die virus versprei te vinnig en niemand is immuun nie, al is jy jonk. Die opwaartse kurwe van die epidemie in Suid-Afrika is slegs vertraag, en ná die staat van inperking sal dit weer klim, met die ergste wat die land in September kan tref, skryf ELSABÉ BRITS.

“ONS kan dit nie ontsnap nie, tensy ons ’n spesiale beskermde faktor het. Dié mojo is nie teenwoordig op enige ander plek op aarde nie. Dis droewig, maar baie, baie onwaarskynlik dat ons die verspreiding kan voorkom.

“Niemand op aarde het voorheen dié virus teëgekom nie. Ons het geen immuniteit nie, geen entstof nie en geen behandeling nie. Ons het almal ’n risiko. Sodra die geleentheid hom voordoen vir die virus om te versprei, sal dit terugkeer na die eksponensiële kurwe.”

Só het prof. Salim Abdool Karim dié week oop kaarte gespeel tydens ’n mediakonferensie saam met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Karim, een van die land se bekendste wetenskaplikes, is die voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19. Hy is ook direkteur van die Centre for the AIDS Program of Research in South Africa (Caprisa)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.