Gaan die Ramaphosa-plan die ekonomie aan die gang skop?

Gaan die Ramaphosa-plan die ekonomie aan die gang skop?

Die regering het ekonomiese stimulus van R500 biljoen by monde van pres. Cyril Ramaphosa aangekondig om die land se ekonomie aan die lewe te hou. Vier ekonome deel hul sienings of dié plan gaan werk en deel hul vooruitskattings vir die res van die jaar. Deur JACO VISSER.

MILJOENE mense het hul werk verloor sedert die regering die land in gedwonge inperking geplaas het. Bykans die helfte van alle kleinsake sal waarskynlik hul deure moet sluit, het data van Statistieke SA hierdie week gewys.

Om dié slagting in die ekonomie te probeer teësit, het die regering ’n ekonomiese hulpplan ter waarde van R500 biljoen – oftewel ’n tiende van die totale produksie van goedere en dienste in die land – van stapel gestuur.

Dié ingryping, wat bykomend is tot die aanvanklike staatshulp in Maart aan besighede en werknemers van geraakte ondernemings, sal belastingbetalers egter nie te veel uit die sak jaag nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.