Is Mantashe ’n stok in SA se kragwiel?

CORONA EN DIE KRAGKRISIS

Is Mantashe ’n stok in SA se kragwiel?

Terwyl die Covid-19-pandemie Suid-Afrika se ekonomie uitwis, vereis vinnige herstel dringende hervorming van die energiesektor. Maar is Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, ’n katalisator om ekonomiese groei te ontsluit of sy grootste enkele struikelblok? LISA STEYN doen verslag.

GWEDE Mantashe het drie gesigsmaskers wat hy daagliks deur die wasgoed roteer vir wanneer hy die buitewêreld aandurf om sy verpligtinge as minister van minerale bronne en energie na te kom. Mantashe, wat volgende maand 65 jaar oud word, val in die kwesbare groep met ’n hoër risiko om aan Covid-19 te sterf as hulle die virus sou opdoen. “Ek’s 65 en almal ouer as 60 wat met Covid in aanraking kom ... die graf is die volgende halte,” skerts hy.

Wel, soort van. Die virus is inderdaad een van die handvol dinge wat Mantashe saans wakker hou. Die ander is grotendeels die energiegedeelte van sy portefeulje – ’n sektor gelaai met spanning en twis – wat ’n jaar gelede onder sy beheer gekom het toe dit met minerale bronne saamgevoeg is.

Namate Suid-Afrika se energiekrisis verdiep, is daar groot kommer dat Mantashe te stadig beweeg om die groeipotensiaal van die sektor te ontsluit en sodoende die land se ekonomie te red...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.