Huiskoop tydens inperking: videotoere, blindkoop en die corona-afslag

EIENDOM

Huiskoop tydens inperking: videotoere, blindkoop en die corona-afslag

Daar was nog nooit 'n beter tyd om 'n huis te koop nie, maar die gejag na 'n corona-afslag lei deur padblokkades en die skadukant van die gereg. ANNELIZE VISSER vat die spoor.

CHARLOTTE RHYS-handontsmetter is nie-klewerig en welriekend, veganisties en omgewingsvriendelik, en bevat 71,7% alkohol. Dis plaaslik vervaardig en die verpakking is volkome herwinbaar. Teen meer as R100 vir 300 ml is dit die hipster van handontsmetters.

Dit is dus nie ’n verrassing om dit hier aan te tref nie – in die uitgestrekte, opgesmukte woonstel van ’n kunshandelaar in ’n erfenisgebou in die hart van die middestad.

Die woonstel is verlate. Die Airbnb-gaste het almal gekanselleer en alles is te koop: die ontwerpermeubels wat in die skraal oggendlig gebaai lê, die koeivelmatte op die blink houtvloer, selfs die breekgoed in die glansende wit kombuis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.