Werkskeppers gaan SA se nuwe helde wees

CORONA EN EKONOMIE

Werkskeppers gaan SA se nuwe helde wees

Thys du Toit, die medestigter van Coronation en voorsitter van Rootstock Investment Management, het in ’n YouTube-video die staat versoek om radikale stappe te oorweeg om Suid-Afrika se uitgebrande ekonomie weer aan die gang te skop. Voorstelle sluit in om belasting te besnoei, grondonteiening sonder vergoeding van die tafel te vee, en baie belangrik: om ’n omgewing te skep waarin entrepreneurs kan floreer. GIULIETTA TALEVI het hom gevra of hy enige vertroue het dat die regering sal luister.

  • 15 Mei 2020
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 8 van 24
  • Giulietta Talevi

TdT: My YouTube-video was daarop gerig om voorstelle te maak vir hoe ons uit die fiskale gat kan kom waarin ons onsself gaan bevind wanneer die pandemie agter die rug is. Staatsinkomste gaan onder geweldige druk wees. Ons het reeds ’n ekonomie wat sukkel; dit gaan teen daardie tyd afgemaai wees. Dis vir my interessant om te kyk na die kritiek wat ek van die regering ontvang het, spesifiek waar hulle [my boodskap] as polities beskou.

Dis glad nie polities nie – dit erken in werklikheid dat ons ’n fiskale tekort-kwessie het en iets sal moet doen om ekonomiese groei te genereer. Die tekens van die regering was tot dusver dat daar onkunde is oor die feit dat ons uiteindelik groei moet genereer sodat belastinginkomste kan styg en alles moontlik moet doen om dit moontlik te maak.

Dis hartseer dat in dié tyd wanneer almal aan boord behoort te wees en met voorstelle asook idees vorendag moet kom vir hoe ons die ekonomie op dreef kan kry, daar byna ’n laermentaliteit is van “kom ons sing almal saam uit dieselfde gesangeboek”, pleks van om wyer as na die eng politieke belange te kyk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.