SOOS ’n Don Quixote op sy perd en vol vertroue dat die windmeul sal sterf, net so galop plaaslike regerings se begrotings voort in die vae hoop dat die regering tot hul finansiële redding sal kom.
Die coronaviruspandemie het uitgewys watter plaaslike regerings spreekwoordelik kaal geswem het terwyl Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar voortgestrompel het met hoë werkloosheid, hoë reële rentekoerse en verbruikers wat tam is weens administratiewe prysstygings (soos elektrisiteit en brandstof). Dis nou vir dié wat nog gelukkig genoeg is om ’n werk te hê en van dié swaarverdiende geld aan plaaslike regerings kan oorbetaal.
Soos die land se deure in Maart toegeslaan is en klein besighede gestamel en gestruikel het in voorbereiding op die Slag van die Coronavirus, het die kollig op plaaslike regerings begin val. Dié sfeer van die regering word allerweë as die swak kinkel in dienslewering beskou. Verkwistende besteding, korrupte raadslede en munisipale amptenary wat oënskynlik gevoelloos teenoor die daaglikse oorlewingstryd van plaaslike inwoners staan, haal nie eens meer die nuus nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.