Stadig met die ekonomiese vreugdevure

LANG STRYD LÊ VOOR

Stadig met die ekonomiese vreugdevure

Die jongste ekonomiese data beklemtoon die positiewe impak van minder drakoniese inperkingsmaatreëls op die ekonomie. HUGO PIENAAR sê dit is egter nie voldoende om ’n volhoubare herstel te verseker nie.

BETER as verwagte ekonomiese data wat die afgelope twee weke bekendgestel is, het meer sekerheid verskaf dat April waarskynlik die laagtepunt in ’n ongekende wêreldwye en plaaslike resessie was. Die omvang van die herstel uit die dieptes van April het in sommige gevalle selfs ontleders genoop om minder pessimistiese vooruitskattings vir die BBP-daling in 2020 op die tafel te sit. Voor die vreugdevure egter te gou aangesteek word, moet die herstel in Mei en Junie in konteks beskou word.

Die skielike stop in ekonomiese aktiwiteit in China in die begin van die jaar en daarna in Suid-Afrika en vele ander wêrelddele sedert Maart is veroorsaak deur regeringsbesluite om algehele inperkings aan te kondig. Derhalwe was dit net logies dat ’n skerp(erige) aanvanklike terugspring van aktiwiteit te wagte kon wees indien die inperkings opgehef of selfs net verslap word.

Dit was ook dan só in April en Mei. ’n Goeie voorbeeld in Suid-Afrika is voertuigverkope: In April het verkope tot ’n skamele 574 voertuie getuimel – 98.4% laer as in April verlede jaar. Nadat ’n verslapping van die inperkingsregulasies beteken het dat verbruikers vanaf middel-Mei weer voertuie kon koop, is amper 13,000 voertuie verkoop. Dis natuurlik ’n massiewe toename op die vorige maand. Maar selfs met die enorme styging was verkope steeds meer as die helfte laer as in Mei verlede jaar. Dus ’n goeie herstel van die algehele laagtepunt in April, maar die vlak van verkope in Mei was steeds heelwat laer as onder normale omstandighede...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.