Staat moet fasiliteerder eerder as poppemeester wees

CORONA EN EKONOMIESE TRANSFORMASIE

Staat moet fasiliteerder eerder as poppemeester wees

Die ANC meen Covid-19 verskaf 'n geleentheid vir groter staatsingryping in die ekonomie. Die enigste regverdiging hiervoor sou wees as dit dienslewering radikaal verbeter, skryf HUGO PIENAAR.

EEN van die debatte wat die Covid-19-pandemie weer laat posvat het, is die rol van die staat in die ekonomie. In die Suid-Afrikaanse konteks sal groter regeringsbestuur van die ekonomie slegs voordelig wees as die doeltreffendheid van die staat, sowel as die samestelling van staatsbesteding, drasties verbeter. Hoe die staatsmasjinerie aangewend word, sal bepaal of die openbare sektor wel in staat is om die vonk vir vinniger BBP-groei te verskaf.

Die laaste ruk is daar baie gemaak van 'n interne ANC-aanbieding deur Enoch Godongwana, die party se hoof van ekonomiese transformasie. Daarin voer Godongwana onder meer aan dat hoewel Covid-19 natuurlik uiters onwelkom is, dit ook nuwe geleenthede skep. Sy gevoel is veral dat neoliberalisme aan die kwyn is, met 'n gepaardgaande groter rol vir die staat om die gaping te vul.

Daar is min twyfel dat die gesondheidskrisis die kollig op die staat plaas. Dit is inderdaad slegs funksionerende state wat die vermoë het om op so 'n groot skaal soos nou besteding te mobiliseer om die gesondheidstelsel te stu, asook om tydelike inkomste-ondersteuning vir huishoudings en firmas te gee. Die maatreëls sluit in belastingverligting en verhoogde betalings aan maatskaplike toelaes. Dit is egter iets heel anders om aan te voer dat die staat voortaan permanent 'n groter rol moet vervul...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.