Ag pleez Deddy, kom ons gaan weer inry toe

VELDFLIEK

Ag pleez Deddy, kom ons gaan weer inry toe

Inryteaters kry ’n tweede wind as fliek- en musiekvenues noudat ons almal min of meer ses voet uitmekaar moet bly. ANNELIZE VISSER gesels met mense wat die krakerige luidsprekers en die spookasem goed onthou, en wat al klaar hulle koelbokse begin pak vir die volgende ronde.

“SEAN CONNERY en Jill St. John op ’n mynhoop in Afrika. In die rigting van die Magaliesberg flits weerligstrale van ’n storm wat verbygetrek het. Die DKW se windskermveërs vee die laaste los druppels weg. Johannesburg is ’n juwelierswinkel van ligte ver ondertoe. Tiffany Case se borste rus op die dak van die Cortina voor ons, die verkoper met sy flits en skinkbord tjips en lekkers duik uit die gleuf op. Die luidspreker in die motorvenster stotter krakerig …”

Die skrywer en redakteur Joan Kruger is aan die woord. By haar, soos by feitlik almal wat ons dié week genooi het om oor inryteaters saam te gesels, het die herinneringe behoorlik op loop gesit.

“Inryteaters was so deel van die Hoëveld soos jakarandas,” skryf sy. “Die Top Star op die Turffontein-mynhoop, waarheen jy ry deur Selby met sy doolhof van smal straatjies met plat, vaal geboue en doringdraad. Die Velskoen in die veld by Randburg. Die Sterlig langs Ontdekkersweg. Die Hillfox ook aan die Wes-Rand. Die Vyfster tussen plotte by Honeydew. Ons was by almal.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X