Slegs gedragsverandering kan die ergste verhoed

CORONA EN HOUDING

Slegs gedragsverandering kan die ergste verhoed

Beleidmakers en vooruitskatters vergeet soms dat mense hul gedrag verander om oorlewing te verseker en risiko’s te vermy, skryf HUGO PIENAAR. Die vraag is of dit dieselfde met Covid-19 gaan wees?

DIE geskiedenis is gevul met voorbeelde van 'n verandering in gedrag wat tot gevolg gehad het dat die ergste rampvoorspellings nie bewaarheid is nie. Totdat 'n entstof wyd beskikbaar gestel word, is daadwerklike en volgehoue gedragsverandering Suid-Afrika se beste hoop om die ergste Covid-19-scenario vry te spring.

Pres. Cyril Ramaphosa het welkome verligting vir die ekonomie gegee met die aankondiging dat Suid-Afrika vanaf 1 Junie na vlak 3 van inperkingsregulasies sal beweeg. Dit beteken dat die meeste sektore in die ekonomie geleidelik in Junie weer sakebedrywighede kan hervat.

Dié aankondiging is gedoen skaars 'n paar dae nadat die regering, in reaksie op kritiek oor die stilswye oor wat die modelle sê, meer inligting verskaf het oor die epidemiologiese modellering wat regeringsbesluite tot dusver beïnvloed het. Die modelle wys dat die sterftesyfer in Suid-Afrika weens Covid-19 tussen 34,000 en 50,000 kan wees, met tot ’n miljoen infeksies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.