Spaar én bestee meer om die ekonomie reg te ruk

DIS NIE DIE EEN OF DIE ANDER

Spaar én bestee meer om die ekonomie reg te ruk

Die onlangse aanvullende begroting het die afstand vergroot tussen progressiewe ontleders wat nog meer staatsbesteding bepleit en diegene wat besuinigingsmaatreëls as die oplossing vir Suid-Afrika se skuldprobleem voorhou. HUGO PIENAAR meen daar is dalk ’n middeweg tussen dié opponerende denke.

IS groter besparing, of selfs nog meer staatsbesteding die aangewese resep om langtermyn-voorspoed in Suid-Afrika te verseker?  Afhangende van met wie jy praat, sit die meeste ontleders gewoonlik in een van twee kampe.

Die debat word gereeld as binêr voorgehou – jy is óf vir meer besteding óf jy is ten gunste van groter besparing. Daar is nie veel grys areas in die debat nie. Dit begin egter al hoe meer lyk of die antwoord dalk vir baie verrassend sal wees: Ons moet sowel Suid-Afrika se spaarvlakke verhoog én meer bestee. Dis ’n breë stelling, maar die hoe, wie en wat is belangrik.  

Soos dikwels die geval is in debatte oor openbare beleid is die fynskrif ook belangrik. ’n Beginpunt sou wees om te kyk na die werklike stand van sake ten opsigte van oorhoofse besparing en staatsbesteding in Suid-Afrika. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.