DIE syfers wys ondubbelsinnig dat die drankverbod geweldige verligting gebring het vir veral hospitale se trauma-eenhede. Voor die inperking was daar volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad gemiddeld 17,000 alkoholverwante traumagevalle per wéék in die land se hospitale; tydens vlak 4 en 5 het dié syfer met ’n allemintige 65% gedaal.
Maar die algehele drankverbod is ’n stomp, vuil byl in ’n operasie wat ’n gesteriliseerde skalpel vereis het. As dit net byvoorbeeld bier en hardehout was wat nie meer in sjebiens en drankwinkels verkoop mag word nie, sou die hele tafelwynbedryf en al die ekonomiese aktiwiteit wat daarmee saamgaan nie ook in die gedrang gewees het nie.
En moenie dié verwante bedrywe gering ag nie – die Wes-Kaapse wynland is waarskynlik naas die Krugerwildtuin die grootste enkele trekpleister vir buitelandse toeriste na Suid-Afrika, en wyntoeriste is gewoonlik nie skaam om die dollars en euro’s uit te haal nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.