Johannesburg: Die goue metropolis verflou verder

GEE PAD UIT DIE STAD

Johannesburg: Die goue metropolis verflou verder

Die groot trek van groot besighede uit Johannesburg se middestad is reeds vier dekades aan die gang. Dis ’n aanklag teen vorige en huidige stadsraadslede, maar as mens die stad se jongste begroting bekyk, sak jou moed sommer dieper as 'n slaggat, skryf JACO VISSER.

“ ’N WÊRELDKLAS-AFRIKASTAD.” Dis hoe die Johannesburgse stadsraad die ekonomiese hart van Suid-Afrika die afgelope dekades aan die wêreld gesmous het. Maar om beleggers te behou en nuwes te lok, verg meer as net ’n reklamefoefie. Dit vereis harde werk en ’n toegewyde amptenary om Suid-Afrika se grootste munisipaliteit te laat werk.

En dinge begin nou lelik raak. Dit word bevestig deur die eksodus van groot maatskappye uit die middestad wat al in die 1980’s begin het, en van die laaste vasbyters wat ook nou voorstede toe skuif. Daar moet teoreties nie ’n Sandton wees nie. Johannesburg se middestad het meer as voldoende vloerruimte om die sakereuse te huisves.

Maar met ’n verslegtende veiligheidsituasie in die middestad, móét bedryfsreuse ook aan die veiligheid van hul werknemers dink. Dis basies nog net die grote FNB, Absa en Standard Bank wat vir die middestad kans sien en hul hoofkantore daar het. Anglo American trek later vanjaar Rosebank toe ná meer as 100 jaar in hul argitektonies indrukwekkende hoofkantoor in Mainstraat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.