POLITIEKE NOTABOEK | Pypdrome oor ’n wegbreekstaat vir wit en bruin

IN DIE NUUS

POLITIEKE NOTABOEK | Pypdrome oor ’n wegbreekstaat vir wit en bruin

MAX DU PREEZ skryf oor die vlaag van groepe wat wil hê die Kaap (en kolletjies in ander provinsies, soos destyds met die tuislande gemaak is) moet van die Republiek van Suid-Afrika wegbreek, en van die laaste van ’n geslag vryheidsvegters met integriteit wat ons dié week ontval het.

DIE volk raak by die dag meer onrustig. Die gesprekke op WhatsApp en Facebook raak al hoe meer ekstreem. Die gemaak-ordentlikheid om nie openlik rassisties te wees nie, word al hoe meer by die venster uitgegooi.

Maar dit is nie net wit Afrikaners nie. Wit Engelssprekendes raak ewe erg – die land is heeltemal in sy moer; “hulle” kan nie ’n dronkparty in ’n brouery organiseer nie; hier kom Zimbabwe. En onder baie wittes borrel die nostalgie van die “meer doeltreffende staat” tydens apartheid maklik na die oppervlak.

As sosiale media ’n barometer is, dan is swart Suid-Afrikaners nie veel minder omgekrap nie. Daar word kwaai na die regering en die president gespoeg, maar ’n makliker uitweg vir die frustrasies is om die minderhede te blameer, soms ook in ekstreme rassistiese taal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.