ONDANKS legio probleme het staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) ’n kernbelangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Maar funksionerende SBO’s wat nie konstant vir reddingsboeie van die belastingbetaler bedel nie en die ontwikkeling van die landsekonomie ondermyn, is slegs moontlik indien daar ’n veel beter balans tussen die nastreef van allerlei politieke doelwitte en kommersiële lewensvatbaarheid is. Dit sluit in dat ministers hul neuse uit belangrike bestuursbesluite van SBO’s moet hou.
Die nasionale begrotingsdokument in Februarie het ’n hele hoofstuk afgestaan aan die finansiële (on-)gesondheid van die vernaamste SBO’s in Suid-Afrika. Dit vertel ’n treurige verhaal waarmee die meeste Suid-Afrikaners welbekend is. Tussen die 2008/9- en 2019/20-boekjare het die herkapitalisasie van en reddingsboeie vir vyf SBO’s (Eskom, Transnet, die SAL, SA Express en die SAUK) die staat (eintlik maar belastingbetalers) R162 biljoen uit die sak gejaag.
Verder was die verwagting dat die SBO’s oor die volgende drie boekjare (2020/21 tot 2022/23) ’n verdere R129 biljoen in staatsbesteding sou opslurp. Tussen die boekjare 2008/9 en 2022/23 gaan SBO’s dus na verwagting ’n allemintige R291 biljoen ontvang. Dit mag op die ou einde selfs meer wees. Die bedrag neem byvoorbeeld nie die verdere R10.1 biljoen in ag wat die “nuwe” SAL gaan benodig om volgens die sakereddingsplan weer van die grond af te kom nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.