Trump se WeChat-verbod kan SA pensioenarisse en beleggers se sak ...

’N DELIKATE WAAGSTUK

Trump se WeChat-verbod kan SA pensioenarisse en beleggers se sak ruk

Dis g’n geheim dat die Amerikaanse president nie veel ooghare vir China het nie, maar volgens GIULIETTA TALEVI kan sý probleem dalk nou ook Suid-Afrikaners se probleem raak, veral wat ons pensioen- en beleggingsgeld betref.

DONALD Trump se anti-China-sentiment klink dalk soos ’n probleem ver weg aan die ander kant van die wêreld, maar ongelukkig gaan dit waarskynlik ’n uitwerking op elke Suid-Afrikaanse pensioenaris of belegger hê, bloot omdat Naspers vir ons plaaslike mark belangrik is.

As jy nie die laaste tyd die nuus gevolg het nie: Amerika het verlede week sy visier gestel op die Chinese tegnologiereus Tencent, waarvan Naspers 31% besit en waaraan dié Suid-Afrikaanse maatskappy sy ongelooflike aandelemarksukses van die afgelope 19 jaar te danke het.

Die Trump-administrasie het aangekondig dat hy “mense en eiendomme binne Amerikaanse jurisdiksies” ná 45 dae sou verbied om “transaksies” met WeChat (https://www.nytimes.com/2020/08/07/business/trump-china-wechat-tiktok.html) en TikTok (https://www.nytimes.com/2020/08/01/technology/tiktok-trump-microsoft-bytedance-china-ban.html) te doen – albei Chinese apps. Naspers het onmiddellik die druk gevoel – sy aandeelprys het verlede Vrydag met 4.1% op die JSE gedaal voordat dit deels herstel het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.