‘Wis hierdie SMS uit’: die boodskap wat Markus Jooste sy...

DIE BULHOND HET TANDE

‘Wis hierdie SMS uit’: die boodskap wat Markus Jooste sy vryheid kan kos

Die FSCA sê hy gaan nie die binnehandelsaak teen Markus Jooste met ’n blote boete van R122 miljoen afhandel nie – daar word nou ook strafregtelike klagte teen hom ingedien, skryf ROB ROSE.

DAAR was ’n oomblik verlede week toe die gedragsowerheid vir die finansiële sektor (FSCA) op sy media-inligtingsessie sy yslike boete teen Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, in detail uitgestippel het, dat sy afdelingshoof van wetstoepassing, Brandon Topham, grappenderwys gesê het: “Gaan julle ons op die voorblad plaas, maar dié keer met tande?”

Topham het die houding van ’n streng, saaklike Amerikaanse reguleerder – die soort wat jy sal verwag om rondom verhandelingslokale op Wall Street te sien rondsluip. As mense verkeerd doen, moet hulle die pyn vat, sê hy. Morele relativisme is glad nie ’n filosofie wat hom betower nie, dink jy.

En verlede week se boete teen Jooste – R122 miljoen, en potensieel kan dit tot R161 miljoen styg – toon daar was ’n ernstige stapverandering in die reguleerder se benadering tot kullery. Pleks daarvan dat oortreders deur ’n tandelose klein windhond geknaag word, het die reguleerder dalk nou sy snytande teruggekry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.