DA se verkiesingskongres: kleurblind of kortsigtig?

OPSKUDDING OP TWITTER

DA se verkiesingskongres: kleurblind of kortsigtig?

Die DA se standpunt om ras te ignoreer en nie ’n duidelike ekonomiese beleid te hê nie, kan rampspoedige gevolge hê, skryf PETER BRUCE.

SO hard soos wat ek wil probeer, kan ek nie opgewonde raak oor die amptelike opposisie, die DA, se verkiesingskongres (of was dit ’n konferensie?) die afgelope naweek nie. Toe ek Maandag wakker word, tref ’n Twitter-kommentaarstroom vol verontwaardiging my oor die verkiesingsuitslae van die sowat 2,000 virtuele afgevaardigdes. Die groot stemme was vir die partyleier, waar die gunsteling en byna ampsdraende, tussentydse leier John Steenhuisen die KwaZulu-Natalse lid van die provinsiale wetgewer Mbali Ntuli met 1,443 stemme teenoor 361 gewen het. Helen Zille wat teruggekeer het, het haar (relatief nuwe) pos as voorsitter van die DA se federale raad behou.

Die kongres het ’n meestal wit leierskap opgelewer, wat tot die opskudding op my Twitter-stroom gelei het. Jy kan dit nogal verstaan. In ’n staatsbestel wat obsessief oor en in ras geanker is, het die DA onlangs verklaar dat hy bo dit alles uitgestyg het en sal voortbeweeg op grond daarvan dat ras eenvoudig nie ’n faktor in Suid-Afrika is nie. Hoe ver hy polities hiermee gaan kom, sal bepaal hoe lank hierdie nuwe beginselpunt ná die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar oorleef.

Regtig? Geen ras nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.