Wat die loongaping tussen geslagte vir ons van vroue se waarde sê

KRAP WAAR DIT JEUK

Wat die loongaping tussen geslagte vir ons van vroue se waarde sê

Die meeste ontwikkelde lande het reeds vir dekades diskriminerende vergoedingspraktyke verbied, tog toon elke denkbare aanwyser dat vroue steeds nie na waarde geag word nie. DOUW STEYN het sy bes probeer om die ‘leuen' aan die kaak te stel.

EK het al soveel male gelees en gehoor dat vroue minder as mans verdien en dit gewoonlik afgemaak as nog ’n poging tot sosiogeniëring. Dat die feministe alweer wil krap waar dit nie jeuk nie. Volgens my (en hopelik alle ingeligte mans) word almal presies dieselfde betaal vir dieselfde werk. Ek het nog nooit ’n betrekking gesien met twee verskillende salarisskale vir mans en vroue nie.

Verskille in vergoeding tussen byvoorbeeld ’n groep bestuurders kan maklik verklaar word: Die mans dien gewoonlik almal reeds 10 jaar in die hoedanigheid terwyl die paar vroue maar onlangse toetreders/oortreders is. Dan sou ons ook so ’n terloopse aanmerking maak dat die vroue ook seker al weer binne ’n jaar bevorder sal word en die loongaping net erger gaan raak.

En dan die genadeslag: Sodra die druk toeneem, gaan hulle seker swanger raak. Sewe maande sal ons hulle moet dra, dan volg die kraamverlof en met die terugkeer die alewige spesiale verlof vir familieverpligtinge. Nee wat; indien mans dan wel meer verdien as vroue, is daar ’n baie goeie en rasionele rede daarvoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.