VERPLAASTE HERVERDELING, MISPLAASTE REGSTELLING
Beloftes maak skuld
The Promise, Damon Galgut se jongste en internasionaal geloofde roman, is 'n hellevuur van morele bankrotskap, skryf JONATHAN AMID. Dis 'n epiese boek, boonop sonder enige aanhalingstekens!
VERPLAASTE HERVERDELING, MISPLAASTE REGSTELLING
Beloftes maak skuld
The Promise, Damon Galgut se jongste en internasionaal geloofde roman, is 'n hellevuur van morele bankrotskap, skryf JONATHAN AMID. Dis 'n epiese boek, boonop sonder enige aanhalingstekens!
Deel
DIE fynproewer beskou met reg 'n nuwe Damon Galgut-roman as unieke belewenis: Galgut, reeds twee keer vir die Man Bookerprys benoem, lewer al drie dekades lank uitmuntende skryfwerk wat hom naas J.M. Coetzee as een van die land se beste literêre uitvoerprodukte gevestig het.
Galgut skram nie weg van harde realiteite nie. The Good Doctor het in 'n kliniek in 'n apartheid-tuisland afgespeel en idealisme se gevare belig; The Imposter handel oor 'n digter se selfopgelegde ballingskap na die platteland, die ene ongemak, broeiende onheil en bedreiging. The Quarry vind sy weg na 'n moord vroeg in die verhaal. Bykans elk van Galgut se donker verhale konfronteer isolasie, die dood, onverwagse intimiteit – veral tussen mans – en die faktore en prosesse – geskiedkundig en veel meer banaal – wat mense van mekaar geskei hou.
Wat opval in Galgut se gestroopte, gelade prosa is presies hoe die intimiteit van huishoudelike dramas en konflik inpas in die groter legkaart van die blik op sy geboorteland, gewelddadig en getraumatiseerd. Die geskiedenis vra of daar enige uitweg vir hierdie land, met al sy belofte, behalwe gruwelike konflik en geweld is...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Jonathan Amid
BydraerJonathan Amid is 'n vryskut-taalpraktisyn en resensent met 'n liefde vir stories. Hy is vreeslik nuuskierig en woon op Stellenbosch.