Wie dink ons is ons?

LUISTER HIER

Wie dink ons is ons?

In ’n poging om vergelykings te tref tussen die Suid-Afrika van vandag en Suid-Afrika 100 jaar gelede, praat PETER BRUCE met die top- ekonomiese historikus prof. Keith Breckenridge en kom af op ’n paar onaangename waarhede.

PETER Bruce kry ’n geskiedenisles van Suid-Afrika se top- ekonomiese historikus, prof. Keith Breckenridge, in hierdie week se episode van Podcasts from the Edge.

In ’n poging om vergelykings te tref tussen Suid-Afrika vandag – ’n ekonomiese woesteny weens ’n verwoestende pandemie – en Suid-Afrika 100 jaar gelede – ’n ekonomiese woesteny vernietig weens die ontberings van oorlog en die Spaanse griep – vind Bruce ’n paar onaangename waarhede: Die Eerste Wêreldoorlog is dalk in die VSA gevolg deur die lighartige gees van die “Roaring Twenties”, maar daar was niks lighartigs omtrent die 1920’s hier nie, en dieselfde geld nou.

Destyds het ons gesukkel met verlammende stakings en ’n oorwaardeerde geldeenheid wat uitvoer bemoeilik het. Terselfdertyd het die prentjie van wat ons industriële skelet was begin vorm aanneem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.