Mevrou se ultimatum

VERANDERING KOM MET 'N PRYS

Mevrou se ultimatum

Dit was die ruiltransaksie vir haar lewenstyl: vir die kinders se opvoeding nou en vir eendag. En vir die buffer wat toelaat dat sy lustig die Woolworths-trollie kan volprop sonder om te bekommer. Want sy is nie bereid om te sukkel nie, skryf LOUIS AWERBUCK.

“HY antwoord my eenvoudig nie.” Sy kyk my beskuldigend aan asof ek hy is.

“Al vra ek hom iets direk, al staan ek reg voor hom in sy gesig – hy antwoord my net eenvoudig nie.” Sy sit triomfantelik terug. “Maar verstaan my goed, hy is 'n goeie man. Hy sorg goed vir ons.”

“Ons" verwys na haarself, asook die tweetjies wat so pas in die laerskool naby hulle woning in Welgemoed begin het. Haar wederhelf se goeie sorg vertoon ooglopend in die Louis Vuitton-handsak wat langs haar op die bank pronk, in die pare ontwerperskoene elke week as ek haar sien. Sy is laat-dertigs en vertoon keurig, net soos die voertuig waarmee sy ry, hulle meubels, hulle grasperk, en die Woensdagoggend-vriendinne saam met wie sy koffie, maar eintlik wyn, drink...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.