Boereplase, boedels en bakleiery

FAMILIE + GELD

Boereplase, boedels en bakleiery

As geld die wortel van alle kwaad is, is erfgeld die laag hoendermis wat al die onkruid laat opkom, meen BIBA DU BOIS. Tesame met die stres van ’n sterfte in die familie is dit vrugbare grond vir ’n onderonsie. ’n Onregverdige testament is nog lank nie onwettig nie. Die hoeksteen van ons erfreg is dat jy kan doen met jou goed wat jy wil, maar ons Grondwet sê ook dat daar nie gediskrimineer mag word op grond van geslag nie.

HY kan dit in sy gat druk, sê my pa vir my ma iewers in die vroeë 1990’s, toe nog ’n skinderstorie oor haar skamele erfporsie die rondte doen.

My oupa was ’n baie suksesvolle Karoo-boer met vier seuns wat onder hom geboer het en twee dogters wat goed afgetrou is. Die 1980’s se droogte het die boerdery geknou en in geen omstandighede wou hy die plase kniehalter deur sy seuns met stewige kontantuitbetalings aan hul susters te belas nie. Vroue blaas mos in any case net die geld op klere en juwele.

Ek was as kind al so gatvol vir hierdie bakhandpraatjies wat spoke opjaag en agterdog onder die sibbe saai. As eersgeborene gaan dit vir my ma nie oor die geld nie, maar oor hoe dit haar laat voel het. Misken. Waardeloos. Minder geliefd. Doodeenvoudig net minder. Omdat sy nie ’n tottie het nie? Toe die dag aanbreek, was haar erfporsie effens meer as die bedraggie wat my pa in sy skoonpa se agterwêreld wou belê, maar saam het die twee susters steeds minder as een persent van hul pa se aardse rykdom geërf...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.