Resensente en ander gediertes: Belydenis van ’n kritikatuur

JUIGKOMMANDO'S OF VERVLOEKTES

Resensente en ander gediertes: Belydenis van ’n kritikatuur

Ek het baie vyande gemaak, skryf die resensent SCHALK SCHOOMBIE. Die Mafia se verontskuldiging is dalk gepas: Dis nie persoonlik nie. Dis bloot besigheid. Smiley face.

VIR skrywers en ander sensitiewes is resensente 'n angel in die vlees, 'n euwel, dikwels meer vloek as seën. Waarskynlik ’n bedreigde onkruidspesie wat uitgeroei behoort te word. Toe 'n vriend hoor ek skryf hierdie essay, het hy my gewaarsku dat ek dapper is (of domastrant): “Die poeletjie is bitter klein en die velletjies dunnnnnnnn!”

Sedert Januarie 1986 is ek 'n resensent. Dit is my werk, nie 'n stokperdjie vir aanvullende inkomste nie. Geld vir brood en botter, nie vir skoene nie. Sommige beskou my as 'n hack, want ek resenseer om den brode. As lewenslange kunsjoernalis is resensies skryf my belangrikste taak. Ek is by Beeld aangestel as fliekresensent in 'n vakante pos wat Andrea Vinassa gelaat het. Vir meer as 35 jaar skryf ek oor rolprente, toneel, TV, kabaret, eietydse dans en boeke.

Onafwendbaar het ek 'n “kritiese gees” ontwikkel onder die mentorskap van Thys Odendaal, kunsredakteur van Beeld in die 1980’s en 90’s. Hy was gepantser met twee kunstegrade, in musiek en drama, en was berug as 'n kritikus wat nie doekies omdraai nie. Thys is gereeld deur die hoofredakteurs oor die kole gehaal vir sy “geniepsigheid”, en hy het hom daaraan afgevee. Die bevordering van uitnemendheid in die plaaslike kunste het hom begeester met 'n onblusbare passie. Tydens klassieke konserte en operas het hy dikwels elke noot met die partituur op sy skoot gevolg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.