Oor ons ewige Gqeberha en die seun wat nooit opgegee het nie

DIS ÓNS BESIGHEID

Oor ons ewige Gqeberha en die seun wat nooit opgegee het nie

Wat lees ons in hierdie dae, tussen dokkies, reekse en sportuitsendings deur? Wat ons nou nodig het, is opbouende boeke oor uitskieters wat hulle nie laat onderkry nie, maar altyd hoër reik, skryf DEBORAH STEINMAIR. Jonathan Ball se blitsverkoper The Boy Who Never Gave Up is ’n inspirerende outobiografie wat haar trots maak op ons kontinent, wat ná alles tog planmakers kweek, en bittereinders.

ONS leef in interessante tye. Zoeloes mobiliseer en Duduzane, die superryk “vriend van die armes” fladder sy lang wimpers en reken hy sou ook geplunder het. Julle hét, seun, jy en jou gesin en julle gabbas in Dubai. En moet jy nie maar liefs, terwyl jou fabulous looks hou (en jy geen druppel op jou pa trek nie), model of filmster word en jou uit die politiek hou nie?

Maar soos Max skaar ek my ook nie by laertrekkende Afrikaners nie. Hulle spel te swak en hulle is ’n broeikas vir haat en komplotteorieë.

Waarna ek smag, is ’n bont nasie waarop ons trots kan wees. Daar is ’n outjie uit Zim wat in Afrikaans sing, met die mooi naam Tinotenda Singe. Ja, ek kry altyd ’n knop in die keel wanneer ’n nie-Afrikaanse tong moedig stoei met “oor ons ewige gebergtes”, want die residu van my kleintydsentimente, nou verdag of te not, sit nog êrens vas. Die Springbokke se oorwinning is altyd ekstra soet wanneer dit die Britte is wat kafgedraf word, want my pa se wrok oor die Kakiekonsentrasiekampe het ook êrens lêplek gekry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.