BELASTINGBASIS WEGGEKALWE
SA se superrykes vat (opnuut) die pad – en waarom dít ’n gevaarlike ding is
Die mense met die meeste geld betaal ook verreweg die meeste belasting in Suid-Afrika. Hoe meer van hulle emigreer, hoe moeiliker gaan dinge word vir die res van ons wat agterbly, skryf ROB ROSE.
BELASTINGBASIS WEGGEKALWE
SA se superrykes vat (opnuut) die pad – en waarom dít ’n gevaarlike ding is
Die mense met die meeste geld betaal ook verreweg die meeste belasting in Suid-Afrika. Hoe meer van hulle emigreer, hoe moeiliker gaan dinge word vir die res van ons wat agterbly, skryf ROB ROSE.
Deel
AS Suid-Afrika se rykste individue inderdaad besig is om uit die land te vlug, soos die pas gepubliseerde Knight Frank-welvaartverslag aandui, kan dit ’n kommerwekkende disproporsionele impak op die land se belastingbasis hê. Dis onduidelik hoe akkuraat die verslag die werklikheid weerspieël – dit probeer om die bevolking van superryk mense oor die hele wêreld heen te bereken op grond van antwoorde van 600 privaat bankiers, welvaartadviseurs en familiekantore in 50 lande.
Ons moet maar hoop dis nié baie akkuraat nie, want die verslag bereken dat die getal individue met “ultrahoë netto waarde” in Suid-Afrika (wat meer as $30 miljoen werd is), verlede jaar van 603 tot 561 gedaal het. Dit is ’n daling van 7%; nagenoeg die omgekeerde van die internasionale gemiddelde, wat ’n styging van 7.8% in die aantal mense in hierdie groep getoon het.
Suid-Afrika se daling was die prominentste naas dié van Viëtnam. In ander ontwikkelende lande het die persentasie gegroei: met 20% in Turkye, 10% in Brasilië, 13% in China en 6% in Rusland...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelRob Rose
JoernalisRob Rose is die redakteur van ons susterspublikasie Financial Mail.