Depressie kan dodelik wees. Een van sy beroemde slagoffers was die skrywer David Foster Wallace wat in September 2008 oorlede is.
’n Paar jaar vroeër het hy iets geskryf wat ’n mens effens beter sou kon help verstaan waarom iemand kies om hul lewe te beëindig. Hy het geskryf ’n depressiewe mens kies nie die opsie omdat dit die dood skielik na iets aantrekliks lyk nie.
Hulle beëindig hul lewe, het hy geskryf, “op dieselfde manier as wat ’n vasgekeerde persoon uiteindelik sal spring uit ’n brandende toringgebou”. Die vrees om van êrens baie hoog te val is makliker om te trotseer as die vrees vir die verterende vlamme.
Vroeër vandeesmaand het die Amerikaanse stad Denver gestem om psilosibien-sampioene - wat al in die 1940’s gebruik is teen depressie - te dekriminaliseer.
Die staat Kalifornië is die volgende een wat sy inwoners hieroor gaan laat stem. Intussen is die FDA (Food and Drug Administration), Amerika se medisynewaghond, ’n paar treë voor albei: Hy wil die wettiging van die middel bespoedig sodat dit moontlik binne vyf jaar al vir dokters en psigoterapeute moontlik sal wees om psilosibien-gesteunde terapie in te span.
Psilosibien-gesteunde terapie
Psilosibien is deel van die triptamiene wat baie soortgelyk is aan die neuro-oordraer serotonien, en vandaar die vermoede dat dit 'n mens se brein en ervarings kan beïnvloed.
Psilosibien is lid van ’n familie psigedelia wat natuurlik voorkom en wat sekere nie-Westerse gemeenskappe al vir duisende jare inspan, meestal vir seremoniële en spirituele gebruike.
Psigedelia het die Westerse wêreld deur mediese laboratoriums eers in die 1940’s betree. Dit was toe Amerikaanse psigiaters hul potensiaal om die menslike gemoed beter te verstaan begin ondersoek het.
Daar was omtrent drie dekades waartydens navorsing gedoen is in die gebruik van psigedelia-gesteunde terapie in die behandeling van depressie, naderende-einde-angs en alkoholisme.
Om die waarheid te sê, Bill Watson, een van die stigters van Alkoholiste Anoniem (AA), het so ’n positiewe belewenis gehad toe sy verslawing behandel is met “acid” - oftewel LSD - dat hy wou gehad het dié soort terapie moet in die AA-program gebruik word.
Maar toe ontsnap psigedelia uit die laboratoriums en word deel van die Amerikaanse partytjietoneel waar dit sinoniem geword het met die hippiekultuur en die anti-oorlogbeweging.
Die Nixon-regering het druk geplaas op die Verenigde Nasies om psigedelia, insluitend psilosibien, onwettig te verklaar volgens die VN-konvensie rakende psigotropiese middels van 1971.
Dit het oornag ’n einde gemaak aan alle mediese navorsing en het psilosibien en ander psigedelia ondergronds gedryf. Hier het klein groepies aangehou om dit vir ontspanning of as terapie te gebruik, ook in Suid-Afrika.
Maar daar was die afgelope twee dekades ’n herlewing van die navorsing in hierdie veld waar ’n aantal internasionaal gerekende mediese navorsingslaboratoriums kliniese proefnemings onder lisensie van hul regering gedoen het. Dit sluit in Johns Hopkins-universiteit en die Universiteit van New York in Amerika en Imperial-kollege in Engeland.
In sommige van hierdie kliniese proefnemings word psilosibien-gesteunde terapie gebruik in die behandeling van depressie, naderende-einde-angs en alkohol- en nikotienafhanklikheid.
Hoe psilosibien-gesteunde terapie (PGT) werkMet anti-depressante soos SSRI’s (selective serotonin reuptake inhibitors – selektiewe serotonien-heropname-inhibeerders) moet ’n mens die middel daagliks neem om ’n vlak vol te hou waar dit kan werk. Maar psilosibien-behandeling vereis dosering net dan en wan en onder toesig. Na gelang van hoe erg die depressie is, kan dit beteken vier maal per jaar, vir ander mense dalk net een maal.Die mediese spanne by Johns Hopkins en Imperial-kollege, wat verlede maand formeel sy sentrum vir psigedeliese navorsing in sy mediese skool geopen het, het deelnemers aan ’n program van 12 weke laat deelneem.Die eerste paar weke het gewone praatterapie behels om hulle voor te berei vir die doseringsessies. In die middel van die program het die deelnemers twee psilosibien-dosisse onder toesig ontvang wat ’n intense psigedeliese staat veroorsaak het.
Die doeltreffendheid van die terapie lê daarin dat dié sessies in ’n veilige, ondersteunde omgewing plaasvind. Hierdie sessies word dan opgevolg deur die finale weke van nog praatterapie sodat die pasiënte kan werk deur hul ervarings en dit kan integreer.
Hierdie mediese spanne gebruik psilosibien wat in ’n laboratorium gesintetiseer is. Die eerste dosis bestaan uit sowat 2 gram gedroogde sampioene per 70 kg liggaamsgewig. Die tweede dosis is sowat 4 gram wat ’n baie meer intense ervaring veroorsaak.
By die ondergrondse gemeenskap hier in Suid-Afrika waar die proses meer seremonieel van aard is, is die dosis gewoonlik 5 gram gedroogde sampioene.
In een van die eerste proefnemings deur die span van Imperial College met ’n klein groep mense met depressie wat weerstandig is teen behandeling, het die pasiënte dadelik ná die 12 weke verbetering getoon. Die meeste het drie maande later steeds tekens van verligting van hul depressie getoon.
Met die rookstakingstudie wat die span van Johns Hopkins gedoen het, het die psilosibien-behandeling gelyk asof dit beter resultate lewer as die meeste huidige behandelings teen nikotienverslawing.
Wat gaan aan in die brein?
Twee dinge gebeur in die brein as gevolg van psilosibien-behandeling wat kan verduidelik waarom mense positiewe gemoeds- en gedragsveranderings toon wat duur tot lank na die middel al uit die liggaam is, selfs maande later.
Die subjektiewe ervaring gedurende die sessie
Anders as praatterapie waar die pasiënt hul narratief eksternaliseer en die terapeut hulle help om hul narratief te toets en dalk te herskryf, veroorsaak psilosibien ’n diep, interne proses. Die mens is hul eie terapeut.
Baie beskryf dit as terapie op steroïde; soos jare se terapie in een aand; die insigte wat verkry is gedurende doseringsessies wissel van intellektuele kennis tot om deurdrenk te word deur betekenis en emosie. Alles word meer realisties en help om die persoon se narratief te hervorm.
Stil mymerende gedagtes
MRI-breinskanderings wys psilosibien werk in op ’n deel van die brein wat geassosieer word met vaste denkpatrone. Sulke aanhoudende bepeinsings word dikwels geassosieer met depressie en vele gewoontegedrag.
Dink aan die gemoed as ’n sneeubedekte heuwel, sê een navorser. Elke keer wat jy reageer op ’n gedragsneller is dit soos ’n slee wat teen die heuwel afjaag en groewe in die sneeu sny.
Hoe meer die brein op die snellers reageer, hoe dieper word die groewe tot die spreekwoordelike slee se lemme so vassit in die groewe dat dit op geen ander manier kan reageer nie.
Navorsers beskryf ’n psilosibiensessie soos om vars sneeu op die heuwel te strooi wat die slee toelaat om ’n nuwe pad te volg. Psilosibien werk op die plastisiteit van die brein en verbreek blykbaar daardie vasgelegde denk- en gedragspatrone.
Baie anti-depressante (soos SSRI’s) is palliatief – dit behandel die pyn, maar nie die oorsaak van die depressie nie. Die deelenemers aan die studies van Johns Hopkins en Imperial College het aangedui hul anti-depressante het hulle verdoof of dat dit was soos om ’n pleister op ’n pitsweer te sit. ’n Psilosibien-sessie dring deur tot die oorsaak van die pyn en steek die pitsweer oop.
Dit is die tweeledige proses van betekenisgewing en die plastisiteit van die brein wat op die psilosibien reageer wat dalk verduidelik waarom mense positiewe gemoeds- en gedragsveranderings toon wat duur selfs nadat die middel die liggaam verlaat het.
Die navorsers waarsku egter dat psilosibien-gesteunde terapie nie vir alle gemoedsteurnisse werk nie, in ’n beheerde omgewing toegedien moet word en nie gebruik moet word deur mense wat psigoties of skisofrenies is nie.
Burgerlike ongehoorsaamheid en lewensreddende medisyne
Hier is ’n hipotetiese geval: Jy stap in die straat en sien iemand wat op die punt is om in ’n lewensgevaarlike diabetiese koma te verval. Daar is ’n apteek om die draai, maar dis reeds toe. Sal jy inbreek om insulien te kry en die persoon se lewe te red?
Psilosibien is steeds onwettig, maar baie Suid-Afrikaners se redenasie is dat dit ’n lewensreddende medisyne is en dat dit hul morele plig is om mense te help om toegang hiertoe te kry. Hulle beskou hul gebruik van die middel as verantwoordelike burgerlike ongehoorsaamheid.
Leonie Joubert het die afgelope twee jaar gewerk aan The Psychonauts, ’n oudioboek wat hoofstuk vir hoofstuk op ’n podcast-platform uitgereik is. Hier is stories van die ondergrondse psilosibien-gemeenskap in Suid-Afrika verweef met die wetenskap van oorsese kliniese toetse. Dit kyk na wat hier ter plaatse op regsterrein aangaan om die middel dalk eendag te dekriminaliseer en as medisyne toegelaat te kry.
NUUT: Jy kan nou kommentaar lewer op hierdie storie. Gaan na heel onder op hierdie bladsy om jou sê te sê. Ons hoor graag van jou!
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
NUWE INSIGTE
Magic mushrooms – gesondheid!
Psilosibien wat in sogenaamde magic mushrooms voorkom, kan heel moontlik suksesvol ingespan word in die behandeling van depressie en verslawing. Sommige navorsers vergelyk die dreigende deurbraak met die uitvinding van penisillien as ’n antibiotikum. LEONIE JOUBERT hou die saak al twee jaar lank dop.
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Leonie Joubert
JoernalisLeonie Joubert is al vir byna 20 jaar ’n wetenskapskrywer en woon in Kaapstad.