Kernkrag: Jy gee nie vir ’n tweejarige ’n masjiengeweer nie

DIE WREDE WERKLIKHEID VAN TSJERNOBIL

Kernkrag: Jy gee nie vir ’n tweejarige ’n masjiengeweer nie

Op 25 April 1986 skiet 'n monsterontploffing by 'n kernaanleg in Tsjernobil 'n bloupers straal van gloeiende radioaktiewe gasse soos ’n laserstraal die naglug in. 'n Dodelike kernwolk versprei noordwaarts oor Belarus en weswaarts oor Europa. Mense sterf binne ’n paar dae as gevolg van kernbestraling. Vir JAN HORN, wat sewe jaar ná die ramp die gebied besoek het, is die nuwe minireeks Chernobyl ontstellend. Te veel herinneringe laat sy hare rys.

IN Oktober 1993 hou ek en my kameraspan by die sekuriteitshek 30 km van die kernkragsentrale by Tsjernobil in Oekraïne stil. Die dokumentêr wat ons skiet, gaan oor die mens se kontrak met kernkrag. Die doel is om by Tsjernobil en Hirosjima in Japan materiaal vir die program te skiet. Ons Russiese gids, Yuri, haal 'n lêer vol dokumente so dik soos ’n telefoongids uit om ons vrypas te gee na die aanleg.

’n Kwartier later, by die ontvangs, trek ons beskermende oorpakke en stewels aan. Ons ry verder. Voor ons doem die massiewe staalsarkofaag van Tsjernobil se reaktor nommer 4 op. Ek is skielik bewus van die dodelike straling wat onsigbaar deur ons lywe spoel. En vir die eerste keer is ek bang. Die dosismeters aan ons gordels tel die blootstelling aan die straling meedoënloos af.

Die dodelike eksperiment..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.