NUWE MEDISYNE
Slimmer masjiene baan die weg vir gesonder mensdom
Kunsmatige intelligensie is ingespan om 'n antibiotikum te identifiseer wat nie middelweerstandig is nie, en daar is groot rede om opgewonde te wees oor die toekoms van masjiene in medisyne.

Deel
AMERIKAANSE navorsers het kunsmatige intelligensie ingespan om 'n kragtige nuwe antibiotikum te identifiseer wat talle middelweerstandige bakterieë die nekslag kan toedien.
Sedert penisillien op die toneel verskyn het, is antibiotika die hoeksteen van moderne gesondheidsorg, maar die doeltreffendheid daarvan het die laaste tyd erg afgeneem omdat oorgebruik daarvan veroorsaak het dat sommige bakterieë weerstandig geraak het.
Wetenskaplikes by MIT en Harvard het 'n masjienleer-algoritme gebruik om chemiese verbindings te ontleed wat infeksies met ander meganismes as dié van bestaande middels beveg, het AFP berig. Hulle bevindinge is verlede week in die vaktydskrif Cell gepubliseer. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel