Die groot, vet en duur olifant in SA se gesondheidsvertrek

GEWIGTIGE SAAK

Die groot, vet en duur olifant in SA se gesondheidsvertrek

Suid-Afrikaners is vet, en dit kos ons baie. Nie net in terme van die nadele wat dit vir ons gesondheid inhou nie, maar ook in die rand en sent van mediese uitgawes, skryf WILMA STASSEN.

SEWE uit 10 Suid-Afrikaanse vroue en vier uit 10 mans is oorgewig of vetsugtig – en dít is ’n konserwatiewe raming, sê dr. Ankia Coetzee, ’n endokrinoloog verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Endokrinologie, Metabolisme en Diabetes (Semdsa).

“Die algemene gevoel onder praktisyns is dat hierdie syfer ʼn onderskatting is van die algehele voorkoms van oorgewig en vetsug in die land, en dit neem ook nie die voorkoms van vetsug by kinders in ag nie – ʼn ontluikende openbare gesondheidskwessie wat wêreldwyd besig om toe te neem.”

Navorsing wat verlede jaar in die vaktydskrif The Lancet gepubliseer is, toon dat oorgewig en vetsug oor die wêreld heen toeneem, maar dat ontwikkelende lande die grootste las dra. In die afgelope 35 jaar het die aantal mense met ’n liggaamsmassa-indeks (LMI) bo 25 in Afrika suid van die Sahara meer as viervoudig toegeneem – van 28 miljoen mense in 1980 tot 127 miljoen in 2015 – en daarmee saam ook ’n skerp toename in gesondheidsprobleme wat met leefstyl verband hou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.